Atletiek 2025
Die atletiekseisoen strek van Januarie tot die begin van Maart. Afrigters reël self met hul atlete vir voorseisoen oefeninge.
Atletiek is die sportsoort waar atlete fiks kan word vir die sportsoorte wat daarna volg. Tydens die massabyeenkoms kry elke leerder in die skool die geleentheid om deel te neem. Daarna volg die Interhuis, (Bokkesport), waar die Rooibokke, Koedoes en Springbokke teen mekaar meeding.
Die Larries het ‘n A- en B atletiekspan. Albei spanne neem op Saterdae deel aan byeenkomste by verksillende skole in die omgewing. Dit bevorder die diepte van ons atletiek.
Atlete wat ‘n eerste en tweede plek behaal neem verder deel aan die Circuit byeenkoms, wat daarna aan die Cluster byeenkoms, asook die Distrikte byeenkoms (Mopani kampioenskappe) kan deelneem. Daarna gaan die eerste 3 atlete aan die Limpopo kampioenskappe deelneem, waar daar gekwalifiseer word om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deel te neem.
Items waaraan atlete kan deelneem:
o.10 Dogters en Seuns
Hoogspring, Verspring, Gewigstoot, 80m, 100m, 70m Hekkies, 1200m
o.11 Dogters en Seuns
Hoogspring, Verspring, Gewigstoot, 80m, 100m, 70m Hekkies, 1200m
o.12 Dogters en Seuns
Hoogspring, Verspring, Gewigstoot, Spiesgooi, Werpskyf (diskus), 100m, 150m, 75m Hekkies, 150m Hekkies, 1200m
o.13 Dogters en Seuns
Hoogspring, Verspring, Gewigstoot, Spiesgooi, Werpskyf (diskus), 100m, 200m, 75m Hekkies (Dogters) en 80m Hekkies (Seuns), 200m Hekkies, 1500m, 800m
Oefentye in seisoen:
| Maandae, Dinsdae (Strength training) en Donderdae / Monday, Tuesday (Strength training) and Thursday | ||
| Gewigstoot / Shot Put | 0/10-0/13 | 14:00 –15:00 |
| Hoogspring / High Jump | 0/10-0/13 | 14:00 – 15:00 |
| Hekkies / Hurdles | 0/10-0/13 | 14:00 – 15:00 |
| Verspring / Long Jump | 0/10-0/13 | 14:00- 15:00 |
| Naellope / Sprints (Seniors) | 0/10-0/13 | 14:00 – 15:00 |
| Naelope / Sprints (Juniors) | 0/7-0/9 | 14:00 – 15:00 |
| Middelafstande / Long distance | 0/10-0/13 | Maandae en Donderdae / Mondays and Thursdays (06:00-07:00)
Dinsdae/ Tuesdays (14:00-15:00) |
| Werpskyf / (Diskus) | 0/10-0/13 | 14:00 – 15:00 |
| Spiesgooi / Javelin | 0/10-0/13 | 14:00 – 15:00 |
Drie van ons atlete het in 2025 gekwalifiseer vir die SA skole kampioenskappe wat van 20 tot 22 Maart plaasgevind het in Germiston. Kara Kruger dogters o10 het deelgeneem aan die 80m. Theona Ngobeni dogters o11 het deelgeneem aan die hoogspring en Ané Thiart het deelgeneem aan die diskus en gewigstoot dogters 0/12/
Ané Thiart is die SA kampioen in Diskus met ‘n afstand van 35, 6m
Fietsry 2025
Leerders neem in die derde kwartaal deel aan die bergfietsry. Daar vind vier Limpopo skole liga wedrenne plaas. Dwarsdeur die jaar is daar ook talle bergfietsrywedrenne in die omgewing waaraan die Larries kan deelneem.
Die formaat van die skoleliga is sirkelroetes wat wissel van 6-10km, dit verskil van oudersdomsgroepe. Die ouderdomsgroepe is as volg: Sub-Nippers (Gr1en 2), Nippers, (Gr 3 en 4), Sprogs (Gr 5 en 6) en Sub-juniors (Gr 7 en 8).
Die doel van skolefietsry is om soveel as moontlik leerders te laat deelneem en ook ‘n liefde vir fietsry te ontwikkel. Elke Larrie wat deelneem aan die liga verdien punte vir die skool. Die skool met die meeste punte aan die einde van die skoleliga stap weg met die Limpopo-skolefietsry wisseltrofeë.
Oefeninge is op Maande en Woensdae (tydens seisoen, dus die 3de kwartaal) van 16:00-17:00 by Merensky of Westfalia, Fearie Glen. In die af seisoen (2de en 4de kwartaal) oefen ons net om Woensdae van 16:00-17:00 by Merensky.
2024 was ongelooflik vir ons fietsryspan, en ons het met trots ons plek as die derde beste fietsryspan in Limpopo verseker. Dit is die hoogste prestasie wat ons tot dusver behaal het. Daarbenewens het ons die grootste fietsryspan in die skool se geskiedenis saamgestel, met ‘n merkwaardige 42 ryers. Twee van ons fietsryers het selfs aan die Interprovinsiale Bergfietsliga deelgeneem en hul talent en toewyding op ‘n groter verhoog ten toon gestel. Dit was Naledi Sekhula en Aulro de Beer.
“My bike is my horse, my fighter-jet, my island, my friend, together we shall conquer that hill and thereafter the world.







