Die atletiekseisoen strek van Januarie tot die begin van Maart. Afrigters reël self met hul atlete vir voorseisoen oefeninge.
Atletiek is die sportsoort waar atlete fiks kan word vir die sportsoorte wat daarna volg. Tydens die massabyeenkoms kry elke leerder in die skool die geleentheid om deel te neem. Daarna volg die Interhuis, (Bokkesport), waar die Rooibokke, Koedoes en Springbokke teen mekaar meeding.
Die Larries het ‘n A- en B atletiekspan. Albei spanne neem op Saterdae deel aan byeenkomste by verksillende skole in die omgewing. Dit bevorder die diepte van ons atletiek. Die Interlaer atletiekbyeenkoms is ‘n hoogtepunt op die kalender en verskeie skole kry beurte om gasheerskool te speel vir die byeenkoms. Laerskool Tzaneen het in 2022 die prestige byeenkoms aangebied, nege van die Letabastreek se skole het deelgeneem.
Atlete wat ‘n eerste en tweede plek behaal neem verder deel aan die Circuit byeenkoms, wat daarna aan die Cluster byeenkoms, asook die Distrikte byeenkoms (Mopani kampioenskappe) kan deelneem. Daarna gaan die eerste 3 atlete aan die Limpopo kampioenskappe deelneem, waar daar gekwalifiseer word om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deel te neem.
Items waaraan atlete kan deelneem:
o.10 Dogters en Seuns
Hoogspring, Verspring, Gewigstoot, 80m, 100m, 70m Hekkies, 1200m
o.11 Dogters en Seuns
Hoogspring, Verspring, Gewigstoot, 80m, 100m, 70m Hekkies, 1200m
o.12 Dogters en Seuns
Hoogspring, Verspring, Gewigstoot, Spiesgooi, Werpskyf (diskus), 100m, 150m, 75m Hekkies, 150m Hekkies, 1200m
o.13 Dogters en Seuns
Hoogspring, Verspring, Gewigstoot, Spiesgooi, Werpskyf (diskus), 100m, 200m, 75m Hekkies (Dogters) en 80m Hekkies (Seuns), 200m Hekkies, 1500m, 800m
Drie van ons atlete het in 2024 gekwalifiseer vir die SA skole kampioenskappe wat van 24 tot 26 Maart plaasgevind het in Polokwane by die Oscar Mpetha Stadion. Kaleigh Henning dogters o10 het deelgeneem aan hoogspring. Ané Thiart dogters o11 het deelgeneem aan gewigstoot en Amelie Vosloo dogters o11 het deelgeneem aan verspring.