Larries is mal oor swem. Legende wil dit hê dat gedurende die warm somermaande van Tzaneen, die Larrieswemmers vinne groei terwyl hul soos dolfyne in die Larrie swembad duik van opgewondenheid.
Die swem by Laerskool Tzaneen werk as volg : Swemproewe word gedurende skooltyd gehou om vas te stel watter leerders sal deelneem aan die Interhuis Gala (Vissegala). Na afloop van die vissegala word die swemspan vir die seisoen saamgestel gebaseer op die uitslae.
Hierdie span neem dan deel aan die Interskole Gala. Die doel van die gala is om vas te stel watter skole in ons distrik aan die Top 10 gala sal deelneem.
Na afloop van die Top 10 gala word die Limpopo Skole Swemspan ook saamgestel.
‘n Nuwe uitdaging wag op die Larrie swemmers in 2018. Vir die eerste keer sal Laerskool Tzaneen ook aan die Super 12 deelneem.
Swemmers wat vir die skoolspan gekies is en nie by ‘n klub geaffilieer is nie kan met die swemorganiseerder reël vir afrigtingsessies.
Klubswem werk ‘n bietjie anders. Die klubs (waarvan daar twee in Tzaneen is, TASK en Shamu) organiseer hul eie “age group” en “sprint” galas. Dit funksioneer absoluut onafhanklik van skoleswem.
Sou die behoefte bestaan vir ‘n swemmer wat nie die skoolspan gemaak het nie maar proffesionele afrigting soek, is hul welkom om in kontak te kom met een van die plaaslike klubs.
SWEMSEISOEN – 2022
Die skole swemseisoen het afgeskop 29 Januarie met die Northern Sprint Gala wat gehou is by HS Tom Naudé. Dit is ‘n klubgala, maar skoleswemmers is welkom om deel te neem. Die Larrier het 18 swemmers gehad wat daar geswem het.
Die Limpopo Skole Kampioenskappe is gehou op 12-13 Februarie in Polokwane, 29 Larrie swemmers het deelgeneem.
Verskeie Larrie swemmers wat deel is van Shamu en Task Swemklubs neem ook gedurende die jaar deel aan die “age group galas” sowel as die “Level” Kampioenskappe. Gedurende “Level 1” wat gehou is op 9 April by HS Pietersburg neem daar 32 swemmers deel. “Level 2” is gehou vanaf 11 – 13 Maart by die Delville swembad in Germiston en 8 swemmers neem deel. “Level 3” is gehou vanaf 18 – 21 Maart by die Hillcrest swembad in Pretoria en die Larrie swemmers neem deel.
Die eerste provinsiale gala van die jaar is gehou op 24 September by Stanford Lake College. 12 Larries verwerf hul Limpopo kleure.
Die Vissegala (Interhuis) tussen die Marlyne en die Dolfyne vind plaas op 28 September by LS Tzaneen. Die wenspan vir die dag was die Marlyne met 2905 punte teenoor die Dolfyne se 2733 punte.
Die Larries word uitgenooi om deel te neem aan LS Phalaborwa-Noord se somerswemgala op 26 Oktober. Op 5 November reis die Larries na Trinity House College in Roodepoort vir die jaarlikse Super 12 kompetisie. Die dogtersspan verwerf ‘n algehele tweede plek, die seuns ‘n vierde plek en algeheel verwerf ons ‘n vyfde plek. Daar was 15 medaljewenners, 6 goud, 2 silwer en 7 brons.
Die laaste gala van die seisoen vind plaas by Tzaneen se munisipale swembad. Die Larries, LS Messina en Unicorn Preparatory School kompeteer teen mekaar.
SWEMSEISOEN 2023
Alhoewel skoolswem nog nie begin het nie is ons klubswemmers nog steeds hard aan die werk.
Die Limpopo klubkampioenskappe het plaasgevind in Polokwane op 2 en 3 Desember 2022. Daar het 53 Larries geswem en baie goeie plekke behaal.
Op 28 Januarie vind die Southern Sprint plaas by HS Piet Potgieter in Mokopane. Elf Larries het deelgeneem.
Die Limpopo Skole Kampioenskappe vind plaas op 3 en 4 Februarie in Tzaneen. 27 Larries neem deel.
Age Group 6 vind plaas op 18 Februarie in Polokwane en die Level 1 Kampioenskappe vind plaas op 25 Februarie by HS Tom Naudé ook in Polokwane. Die Larries het 27 deelnemers gehad wat vir dié kampioenskappe kwalifiserende tye geswem het.
Level 2 Kampioenskappe vind plaas vanaf 2 – 5 Maart in Pretoria by Hillcrest swembad. Joshua Bekker, Inge du Plessis, Jany Norval en Weirich Vorster neem deel. Level 3 Kampioenskappe vind plaas vanaf 31 Maart to 3 April in Germiston by die Delville swembad. Drie swemmers Marny du Plessis, Liandri Terblance en Mari Bruwer neem deel.
Ons is ook baie trots op Marny du Plessis, Milan Ferreira en Mari Bruwer wat hul Limpopo kleure verwerf het en hul provinsie verteenwoordig het by die Suid-Afrikaanse Skole Kampioenskappe in Durban by die Kings Park swembad vanaf 21 – 23 April.
Die eerste “age group” gala van die seisoen het ook al plaasgevind in Tzaneen op 3 Junie en daar het 25 swemmers deelgeneem.






