2023 UITSLAE
Die o/9 span speel vriendskaplik teenoor ander skole se o/9 en o/10 spanne en is onoorwonne. Die o/10 en 2de spanne is Limpopo naaswenners en het teen LS Pietersburg-Oos verloor in die finaal.
Conrad Venter is opgeneem in die o/13 Limpopo span. Willem Lombard, Rijas Patel en Willem Mostert is opgeneem in die o/12 Letaba span en Duan Möller en Lian Koekemoer is opgeneem in die o/12 Letaba uitnodigingspan. Mnr Janpieter Botha en Jacques Rossouw was afrigters van laasgenoemde span. Weirich Vorster, Jenil Gandhi en AD Nolte is opgeneem in die o/11 Letaba span en Ulrich Goosen en Daniel Smith is opgeneem in die o/11 Letaba uitnodigingspan.
Die o/12 streekstoernooi het plaasgevind by Tzaneen vanaf 4-5 Desember. Letaba wen al hulle groepwedstryde en wen in die finaal teen Streek 1. Die Letaba o/12 span is dus die streekwenners.








