TALENTAAND
Die Larries se jaarlikse talentaand bied die geleentheid aan elkeen wat die moed het om voor ‘n gehoor op te tree.
Ons leerders is propvol versteekte talente. Dus kry hul elke jaar in die tweede kwartaal die geleentheid om hierdie talente met almal te deel. Die wat wil stuur ‘n oudisievideo in met ‘n sang / dans / instrumentale spel / monoloog item in vir goedkeuring. Indien hul suksesvol was met hul oudisie kry hul dan die geleentheid om dit op te voer tydens die jaarlikse talentaand.
Dit is nie ‘’n kompetisie nie, bloot ‘n informele geleentheid om voor ‘n gehoor hul talent uit te leef. Die leerders geniet dit geweldig baie en daar is elke jaar omtrent 35 items op die program. Die saal se verhoog word mooi versier en die leerders verskaf genotvolle vermaak. Dit is altyd ‘n groot sukses.




