EISTEDDFOD
Laerskool Tzaneen-leerders neem jaarliks deel aan die Merensky MDDK Eisteddfod.
Ouers gebruik die aanlyn Merensky MDDK Eisteddfod inskrywingsvorm om in te skryf. Hierdie skakel sal geplaas word sodra dit beskikbaar is.
Leerlinge mag aansoek doen aan die einde van die jaar om in aanmerking te kom vir die skool se prysuitdeling en daardeur erkenning te kan ontvang.
Die Merensky MDDK Eisteddfod hou ook jaarliks hul eie prysuitdeling en nooi leerlinge uit wat aan hul kriteria voldoen.
Kontak Me. Helene van Niekerk (015 307-3601/2) met navrae.