Huis Victory bied verblyf aan die Larrie leerders vanaf Maandae tot Vrydae, met drie gebalanseerde etes per dag asook ‘n versnapperinkie pouse en tydens aandstudie.
Die leerders word goed versorg en daar word daagliks twee studiesessies gehou.
Nege gekwalifiseerde onderwysers doen diens by die koshuis: Mnr Willes Steenkamp, Greyling Harmse, Steven Cremore, Jacques Rossouw, Me Lizette de Bruin (koshuismoeder), Helashia Biewenga, Maritza Schmahl, Yvette Lee en Rebecca Komane.
Verblyf in die koshuis maak dit maklik vir leerders om by sportoefeninge en naskoolse aktiwiteite uit te kom.
Daar word kwartaalliks ‘n partytjie gehou vir leerders wat verjaar het gedurende daardie kwartaal. Aan die einde van die jaar hou ons ‘n Kersfunksie as afsluiting.
Koshuisgelde beloop R2 600 per maand vir 10 maande.
Vir enige navrae kontak Me. Lizette de Bruin (015 307 3061/2).

