2024 OORSIG
Die netbalseisoen het afgeskop met ‘n lekker besige voorseisoenprogram. Ons het 3 netbaldae gaan bywoon by onderskeidelik; Laerskool Pietersburg-Noord, Laerskool Wierdapark en Laerskool Phalaborwa. Ons het ook wedstryde tuis gespeel teen Lydenburg.
Gedurende die Maart vakansie het die o11 tot o13-A spanne na HS Menlopark in Pretoria getoer. Daar het hulle teen groot skole meegeding en vir niemand teruggestaan nie.
Na die April-vakansie was dit weer tyd vir die Super 12 kompetisie, met die uitspeel wedstryde te Laerskool Pietersburg en die finale wedstryde by Camp Discovery. Die Larries behaal ‘n algehele 5de plek.
Na dié fantastiese voorseisoen, het die liga-westryde afgeskop. Die Larrie-dogters wys behoorlik waarvan hulle gemaak is. Al ons A-spanne eindig die seisoen as Mopani wenners. Die o12-A en o13-A spanne dring deur na die Limpopo kampioenskappe. Die o12-A’s verloor in die semi-finale en eindig 3de in Limpopo. Die o-13 A’s wen al hulle wedstryde en eindig as Limpopo WENNERS!
Die pad vir die o13-A’s het egter nie daar tot ‘n einde gekom nie. Dié dogters het gaan meeding teen die bestes in die land by die SA Skole Kampioenskappe. Daar het die dogters behoorlik bewys dat hulle vir geen “groot naam” gaan terugstaan nie en eindig 1ste in hul groepwedstryde en met ‘n algehele 15de plek.
Die Larries was ook bevoorreg met heelwat dogters wat Limpopo kleure verwerf het. In die onder 13 afdeling het Ndlovukasi Zwane en Chloë Snyman provinsiale kleure verwerf en in die onder 12 afdeling het Lemukani Mabunda provinsiale kleure verwerf.
So sluit ons die netbalseisoen, met trots, op ‘n hoogtepunt af.






