Landloop word beoefen in die derde kwartaal. Daar is twee bene waaraan atlete kan deelneem, nl. LLSV (Skole) en LIMA (Provinsiaal).
In die LLSV liga kan atlete nie provinsiale kleure verwerf nie, maar wel LLSV-kleure. Hul kan ‘n drimac en hemp koop, indien die atleet kwalifiseer vir LLSV-span.
In die derde kwartaal vind daar afrigting by die skool plaas vir atlete wat graag wil deelneem aan landloop. Skoolvervoer is ook beskikbaar na byeenkomste.
LIMA is die been waarin provinsiale kleure verwerf kan word. LIMA byeenkomste vind reeds plaas vanaf April. Die skool het nie afrigting of vervoer beskikbaar vir hierdie byeenkomste nie. Indien ‘n atleet wil deelneem aan LIMA, moet hy/sy self vervoer reël. Mnr Philip Entres is ‘n buite afrigter in Tzaneen wat afrigting gee aan LIMA-atlete. Sy kontaknommer is, 073 806 8113.