SPORT

Gholf

GHOLF

 

Gholf gee elke kind die geleentheid om te presteer as n individu maar ook as n span.

 

Gholf is ‘n individuele sportsoort wat mens kan beoefen en geniet tot op jou oudag. By die skool is dit ook ‘n spansport. Die leerders hou daarvan om sosiaal te verkeer op die gholfbaan, en om oor sekere metodes en tegnieke te gesels. Gholf is baie opwindend vir elke leerder wat die geleentheid kry om te kan speel. 

 

Ons speel elke jaar oefenrondtes aan einde van die 3de kwartaal. In die 4de kwartaal neem ons deel aan die Interlaer en Super 12 toernooi.

 

OEFENINGE / AFRIGTING

 

Ons leerders maak gebruik van privaat afrigting in ‘n tyd wat die beste by hulle skedule inpas. Gedurende die jaar word daar ook deur die skool oefeninge gereël.

  

2023 PRESTASIES

 

Gholf het beslis die jaar sy merk gemaak by die Larries.  Gereelde oefeninge deur die jaar het gesorg vir puik resultate.  ‘n Groot aantal junior gholfspelers het begin saam oefen die jaar.

 

Ons senior A- gholfspan het 3de geeindig by die Interlaer.  Die Super 12 span het 9de geeindig van 23 spanne. Ons het 2 seuns wat Limpopo kleure verwerf het die jaar.

ORGANISEERDER

Elmarie Jansen

Me. Elmarie Jansen

KONTAK ONS

Posbus 171
Agathastraat 13
Tzaneen, 0850

Tel: 015 307-3601/2
Faks: 015 307-4656

Epos: info@lstzn.co.za
bemarking@lstzaneen.co.za

SOSIALE SKAKELS

Facebook
TWITTER
Instagram