Leerders neem in die derde kwartaal deel aan die bergfietsry. Daar vind vier Limpopo skole liga wedrenne plaas. Dwarsdeur die jaar is daar ook talle bergfietsrywedrenne in die omgewing waaraan die Larries kan deelneem.
Die formaat van die skoleliga is sirkelroetes wat wissel van 6-10km, dit verskil van oudersdomsgroepe. Die ouderdomsgroepe is as volg: Sub-Nippers (Gr1en 2), Nippers, (Gr 3 en 4), Sprogs (Gr 5 en 6) en Sub-juniors (Gr 7 en 8).
Die doel van skolefietsry is om soveel as moontlik leerders te laat deelneem en ook ‘n liefde vir fietsry te ontwikkel. Elke Larrie wat deelneem aan die liga verdien punte vir die skool. Die skool met die meeste punte aan die einde van die skoleliga stap weg met die Limpopo-skolefietsry wisseltrofeë.
Oefeninge is op Maande en Woensdae (tydens seisoen, dus die 3de kwartaal) van 16:00-17:00 by Merensky of Westfalia, Fearie Glen. In die af seisoen (2de en 4de kwartaal) oefen ons net om Woensdae van 16:00-17:00 by Merensky.
In 2023 het die Larries ‘n sewende plek uit 16 skole verwerf in die skoleliga. 25 Larries het deelgeneem hierdie jaar. Ilana Lubbe het gekwalifiseer om deel te neem aan die Interprovinsiale toernooi en het ‘n tweede plek verwerf.
“My bike is my horse, my fighter-jet, my island, my friend, together we shall conquer that hill and thereafter the world.