TITLE

DESCRIPTION

Atletiek 2025

 

Die atletiekseisoen strek van Januarie tot die begin van Maart. Afrigters reël self met hul atlete vir voorseisoen oefeninge.

 

Atletiek is die sportsoort waar atlete fiks kan word vir die sportsoorte wat daarna volg. Tydens die massabyeenkoms kry elke leerder in die skool die geleentheid om deel te neem. Daarna volg die Interhuis, (Bokkesport), waar die Rooibokke, Koedoes en Springbokke teen mekaar meeding.

 

Die Larries het ‘n A- en B atletiekspan. Albei spanne neem op Saterdae deel aan byeenkomste by verksillende skole in die omgewing. Dit bevorder die diepte van ons atletiek.

 

Atlete wat ‘n eerste en tweede plek behaal neem verder deel aan die Circuit byeenkoms, wat daarna aan die Cluster byeenkoms, asook die Distrikte byeenkoms (Mopani kampioenskappe) kan deelneem. Daarna gaan die eerste 3 atlete aan die Limpopo kampioenskappe deelneem, waar daar gekwalifiseer word om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deel te neem.

 

Items waaraan atlete kan deelneem:

 

o.10 Dogters en Seuns

Hoogspring, Verspring, Gewigstoot, 80m, 100m, 70m Hekkies, 1200m

 

o.11 Dogters en Seuns

Hoogspring, Verspring, Gewigstoot, 80m, 100m, 70m Hekkies, 1200m

 

o.12 Dogters en Seuns

Hoogspring, Verspring, Gewigstoot, Spiesgooi, Werpskyf (diskus), 100m, 150m, 75m Hekkies, 150m Hekkies, 1200m

 

o.13 Dogters en Seuns

Hoogspring, Verspring, Gewigstoot, Spiesgooi, Werpskyf (diskus), 100m, 200m, 75m Hekkies (Dogters) en 80m Hekkies (Seuns), 200m Hekkies, 1500m, 800m

 

Oefentye in seisoen:

 

Maandae, Dinsdae (Strength training) en Donderdae / Monday, Tuesday (Strength training) and Thursday
Gewigstoot / Shot Put 0/10-0/13 14:00 –15:00
Hoogspring / High Jump 0/10-0/13 14:00 – 15:00
Hekkies / Hurdles 0/10-0/13 14:00 – 15:00
Verspring / Long Jump 0/10-0/13 14:00- 15:00
Naellope / Sprints (Seniors) 0/10-0/13 14:00 – 15:00
Naelope / Sprints (Juniors) 0/7-0/9 14:00 – 15:00
Middelafstande / Long distance 0/10-0/13 Maandae en Donderdae / Mondays and Thursdays (06:00-07:00)

 

Dinsdae/ Tuesdays (14:00-15:00)

Middelafstande / Long distance 0/10-0/13 Maandae en Donderdae / Mondays and Thursdays (06:00-07:00)

 

Dinsdae/ Tuesdays (14:00-15:00)

Werpskyf / (Diskus) 0/10-0/13 14:00 – 15:00
Spiesgooi / Javelin 0/10-0/13 14:00 – 15:00

 

Drie van ons atlete het in 2025 gekwalifiseer vir die SA skole kampioenskappe wat van 20 tot 22 Maart plaasgevind het in Germiston. Kara Kruger  dogters o10 het deelgeneem aan die 80m. Theona Ngobeni dogters o11 het deelgeneem aan die hoogspring en Ané Thiart het deelgeneem aan die diskus en gewigstoot dogters 0/12/

 

Ané Thiart is die SA kampioen in Diskus met ‘n afstand van 35, 6m

ORGANISEERDER

Andri Luus

Me. Andri Luus

2024 Atletiek Datums

2024 Atletiek Oefentye

KONTAK ONS

Posbus 171
Agathastraat 13
Tzaneen, 0850

Tel: 015 307-3601/2
Faks: 015 307-4656

Epos: info@lstzn.co.za
bemarking@lstzaneen.co.za

SOSIALE SKAKELS

Facebook
TWITTER
Instagram