Die Gr R dogtertjies van Laerskool Tzaneen se Larrieland Kampus het in 2022 met ‘n splinternuwe tradisie afgeskop!
Hulle spog met ‘n groepie rasieleiers “cheerleaders” wat sorg vir groot opwinding en opgewondenheid.
Die Pom-Pom Pops (soos hulle nou bekendstaan) oefen reeds sedert die begin van Februarie 2022 onder leiding van Me. Marga Smith (Gr R onderwyseres) en Me. Dolea Sibuyi (Gr R onderwysassistent).
Hierdie is die inisiatief van die skoolhoof, Mnr Willes Steenkamp, wat groot drome uitdink vir Larrieland se Gr R’e.
Die dogtertjies word gereeld bederf en aangemoedig met roomys en ander lekkernye, want om deel te wees van die Pom-Pom Pops verg harde werk en baie deursettingsvermoë.
Hierdie aktiwiteit, wat as ‘n spansport gesien word, kweek ‘n hele paar belangrike vaardighede by die dogtertjies onder andere spanwerk, dissipline en liggaamskoördinasie.
Hulle word geleer om nie sommer tou op te gooi wanneer hulle moeg word nie en almal kom oefen twee maal per week smiddae by Larrieland.
Inwoners in en rondom Tzaneen kan daarna uitsien om die Pom-Pom Pops gereeld in aksie te sien want geen sportbyeenkoms behoort sonder ‘n groepie rasieleiers te wees nie!