KULTUUR

Sanggroep

ACAPELLA SANGGROEP

 

Daar is in 2022 weggedoen met die formele kore en is ‘n informele, acapella sanggroep op die been gebring. Aangesien dit nog ‘n nuwe konsep is was daar nie baie geleentheid vir optredes nie. Hul is wel ingeskryf vir die Arts Festivus kompetisie en het ‘n goue toekenning ontvang.

 

Die groep bestaan uit gr 4 tot 7 leerders wat saamgestel is uit ‘n aantal leerders wat suksesvol ‘n oudisie geslaag het. Die repertoire bestaan uit populêre liedere uit musiekblyspele, gospel musiek en kontemporêre musiek in verskeie tale.

 

Die sanggroep oefen Woensdae 13:30 – 14:30.

 

Ons is opgewonde om in 2024 ook met ‘n junior sanggroep te begin wat sal bestaan uit leerders in gr 1 tot 3.

KONTAK ONS

Posbus 171
Agathastraat 13
Tzaneen, 0850

Tel: 015 307-3601/2
Faks: 015 307-4656

Epos: info@lstzn.co.za
bemarking@lstzaneen.co.za

SOSIALE SKAKELS

Facebook
TWITTER
Instagram