Graad 4 – 7 leerders is welkom om ons gewilde mediasentrum te besoek om vir hulle boeke uit te neem.
Gr 1 – 3 onderwysers neem egter bloklenings vir hul klasse uit en die leerders kan dan boekies in hul klasse lees.
Daar is ‘n groot verskeidenheid boeke in ons mediasentrum beskikbaar. Die mees gewildste reekse is : Dork Diaries Big Nate, Stalmaats, Die Uile, Dirty Bertie, Rillers en Grappies en Lulu.
Gewilde skrywers is : Roald Dahl, Enid Blyton en Sanri Steyn.
Die uitleenstelsel is ten volle gerekenariseerd met ‘n “soek” opsie beskikbaar.