NEWS

Swem sukses vir die Larries

Seuns o.11 Aflosspan

FOTO: Lourens Kriel, Juan van Heerden, Leon de Lange en Carel Volschenk.


 

Laerskool Tzaneen se swemmers het op Saterdag, 3 November 2018, deelgeneem aan die Top 10 Swemgala wat gehou is in Polokwane.

 

Die 48 swemmers het nie die aanvanklike koue weer gevrees nie en het gretig voete natgemaak vroegoggend. Die son het later uitgekom en dit was ‘n heerlike dag.

 

Jason Bosman het 2119 Hy-Tek punte in sy ouderdomsgroep, seuns o.12, aangeteken. Dit was die hoogste vir die dag. Juan Meintjes, seuns o.13, was kort op sy hakke met 1728 punte.

 

Laerskool Tzaneen se span het die dag afgesluit met ‘n welverdiende tweede plek, net 34 punte kort van die wenner, Laerskool Julian Muller van Groblersdal.

 

Welgedaan aan al die swemmers. Julle het hard geoefen gedurende die seisoen en verseker die vrugte daarvan gepluk.

CONTACT US

PO Box 171
13 Agatha street
Tzaneen, 0850

Tel: 015 307-3601/2
Fax: 015 307-4656

Email: lstzn@mweb.co.za

SOCIAL LINKS