NUUS

BYBELVASVRA BOFFINS

Foto: Bybelvasvraspan – Euné Pohl, Wihan van Eeden, Sumari Vorster en Ryno Schultz

 


 

En weereens maak Larries se Bybelvasvraspan ons super trots! Hulle neem deel aan die jaarlikse Super 12 kompetisie op Woensdag, 7 Augustus, in Pretoria by gasheerskool, Laerskool Elarduspark.

 

Die span eindig in die tweede plek, met 91%. Twintig skole het deelgeneem.

 

Baie geluk Laerskool Elarduspark met hul eerste plek met ‘n punt van 92.5%! Asook Laerskool Randhart en Laerskool Goedehoop wat die derde plek deel met 88%!

 

Geluk aan juf. Bobbi Gerber, tannie Erika Fouché, Sumari Vorster, Ryno Schultz, Euné Pohl en Wihan van Eeden! Julle het só hard gewerk, wel gedaan.

 

Sleutelwoordw:,

Category: Kultuur

KONTAK ONS

Posbus 171
Agathastraat 13
Tzaneen, 0850

Tel: 015 307-3601/2
Faks: 015 307-4656

Epos: lstzn@mweb.co.za

SOSIALE SKAKELS