NUUS

SUMARI PRAAT IN DIE KAAP

Foto: Sumari Vorster

 


 

Sumari Vorster neem deel aan die Nasionale ATKV Redenaars kompetisie by Goudini Spa in die Kaap. Die kompetisie het op die 1ste Augustus plaasgevind.

 

Haar voorbereide toespraak se tema was DANS en sy het met die volgende ONDERWERP: Ongesonde kompetisie in die klaskamer laat die poppe dans, die gehoor oortuig dat kompetisie vir die sportveld gelos moet word…

 

In haar onvoorbereide toespraak, waarvoor sy 90 min voorbereidingstyd kry, is aan haar gevra of skoolklere afgeskaf moet word, Ja of nee en hoekom? Sumari is van mening dat skoolklere afgeskaf moet word en sy het die gehoor aan die hand van die volgende drie argumente oortuig van haar standpunt.

 

Die skrif is aan die muur, skoolklere is vir ouers te duur.

 

Skoolklere vorm wel ‘n eenheid, maar bring nie samehorigheid onder skoliere nie.

 

Skole wat verskillende sportklere, leierklere, koordrag en wie weet wat nog alles het, lyk soos ‘n reënboognasie en daar heers onenigheid onder diegene wat nie goed genoeg vir ‘n sportspan is nie.

 

Sumari was een van 26 sprekers wat in hierdie finaal haar sê gesê het.

 

Die Larries is sommer baie trots op Sumi!

Sleutelwoordw:, ,

Category: Kultuur, Redenaars

KONTAK ONS

Posbus 171
Agathastraat 13
Tzaneen, 0850

Tel: 015 307-3601/2
Faks: 015 307-4656

Epos: lstzn@mweb.co.za

SOSIALE SKAKELS